Wednesday, December 30, 2009

Jart

Ek het 'n Jart vir die slope gebou. Dit is van EPP op my CNC gesny. Ek het dit van 1.4m vlerkspan na 1.2m aangepas om makliker in my motor te pas. Sal dit nuwejaar op Tamatieberg uitprobeer. Lyk sy nie sexy nie? Groete Gert PS. Het die Jart op Nuwejaar gevlieg. Dit vlieg baie lekker en is beslis 'n "keeper". Ek was aangenaam verras. Met 'n gewig van 600g het dit baie maklik in ligte lift gevlieg. Dit kan doen met nog ballast indien die wind meer pomp. Dit sit baie mooi ("solid") om die draaie en kan redelik stadig land sonder om 'n vlek te gooi. Die Jart hou van spoed, maar ek het verwag dit sou meer glibberig wees. Net die regte model om my gewildste slopie te word.

1/4Skaal Nieuport vordering

Die twee Vickers masjien gewere is amper klaar. As iemand weet waar ek Solartex kan kry. Ek kort nog 8 m. Groete Gert

Sunday, December 27, 2009

RC plane afgeskiet deur fireworks. (Of hulle probeer, in elk geval)

Die ou se kinders probeer sy Easystar RC plane afskiet met vuurwerke, terwyl dit met 'n kamera op die vliegtuig afgeneem word.

Saturday, December 26, 2009

Thats plane programming!


Thats plane programming!
Originally uploaded by hyper7pro

I was helping to test a GPS telemetry device today in my Yak 54. It works, and the data is pretty interesting. Takeoff speed is 100Km/h, and the plane goes from 0-80Km/h in 3 seconds. Top speed was 206Km/h, highest altitude was 460m above takeoff level.

And that was with me flying fairly gently because of all the delicate electronic test/development boards on board the airplane.

Tuesday, November 24, 2009

Vergadering

Ons het 'n baie lekker namiddag by die veld gehad. Die weer was fantasties vir vlieg. Dirk het die gras gesny (Hy wil seker nie studeer nie!). Na 'n bietjie vlieg het ons 'n worsie gebraai en toe vergadering gehou. Louis het die verugtinge afgesluit deur sy Jet aan die brand te steek. Geniet die fotos wat ek met selfoon geneem het.

Sunday, November 22, 2009

Gliding Postals

Dit was 'n wonderlike dag na 7 weke van wind en reen. Ek het vroeg na die klub gegaan en moes lelik soek vir 'n pad om daar te kom. Na 'n bietjie pret in die modder het ons dit darem gemaak. Die pad het gelukkig baie gou uitgedroog na die lekker warm dag. My totaal was 2073 uit 2300 (bietjie verroes met die eerste 2 landings) Hier is 3 van my vlugte in die baie humiede omstandighede (Die hoogte is in meter). Die lug is dan baie swaar. Die een vlug sal jy sien het ek vinnig hoogte verloor tot 50 en toe 'n thermal gekry wat my opgevat het. Die namiddag het heelwat ouens die lekker dag geniet.

Monday, November 16, 2009

J-3 Cub

Hier is `n paar foto`s van my cub. Die body rudder en stabs is klaar oor getrek. Cheers Werner

Friday, November 13, 2009

Phantom Pylon Racer (Kyosho)

Hier is iets van Manfred af:

Hi daar Johann, hier is iets vir ons blog. Ek het hierdie nuwe Phantom gebou vir n vriend van my Francios de Waal. Die vliegtuig is 'n kwart skaal 2007 pylon racer. Wag net vir die weer om saam te speel dan sal ek hom maiden. Aangedryf deur n O.S 46. Soos jy sal sien op die foto's lyk hy nogal indrukwekkend. Nou ja, dis al van my kant af vir eers . Groete Manfred.

Dit lyk awesome Manfred! Sterkte met die maiden vlug!

Net ietsie interessants oor die (Full size) vliegtuig:

"One such model, the "Phantom 70," is a quarter-scale replica of the Aberle Phantom biplane. Based in Fallbrook, California USA, the full-scale Phantom was built by Aberle Custom Aircraft and sponsored by Kyosho during the 2007 Reno Air Races. The plane set a biplane-class speed record in 2004 with a top speed of more than 241 mph. A new record was established in 2006 with a speed of 251.958 mph. [1] [2]"

Hier is fotos van die konstruksie van die full scale een. Ongelooflik.

Sunday, November 8, 2009

Vordering van Nieuport 28

Hier is die romp amper klaar. Die plywood en stringers het my nogal besig gehou en baie laat sweet. Ek het ook die 7" wiele nou gekry.

Friday, October 16, 2009

Nieuport 28C 1/4 Skaal

Die Romp is besig om vinnig te vorder. Dit le die hele werkbank vol op die stadium. Cheers Gert

Sunday, October 4, 2009

Monday, September 21, 2009

Sunday, July 26, 2009

Explorer maiden

Ek het die Explorer ge-"Maiden" verlede Saterdag. Dit vlieg vantasties nadat ek al die trims reg gekry het. Ek het by die ou Evander vliegveld gaan vlieg aangesien dit amper die enigste plek is wat nog gras het. Die veld is baie geskik vir sweef en ek gaan beslis dit gebruik as my basis vir die volgende paar weke voor die Nats. Ek gaan elke oomblik wat die weer toelaat moet gebruik om te oefen as ek Nats toe wil gaan 24 Sep. Ek en Andre het hierdie Saterdag weer uitgegaan. Na die baie koue weer Vrydag was dit 'n vantastiese dag Saterdag. Ek het die Exploreer verder geniet en my spot landings begin oefen. Op 'n stadium het ek saam met drie groot roof voels gevlieg met die 2m totdat hulle my begin aanval het en ek moes laat spaander. Enigeen wat wil saam sweef moet asb my laat weet, ek stuur 'n SMS as ek gaan. Ek het ook nog 'n 2m Itshitshi vlerk en romp beskikbaar vir R850. Cheers Gert

Sunday, June 28, 2009

ATC3k Mounted on GP Super Skybolt

I mounted a Oregon Scientific ATC3K "action cam" between the cabane wires on my Super Skybolt. Worked OK, but the vibration or the prop caused those horizontal lines to appear.

Sunday, June 14, 2009

Sig Kadet Senior

Robbie se Senior Kadet, maiden flight. Dit is 'n kit plane, MAW Robbie het die vliegtuig uit 'n "Lumber Box" uit gebou.

Friday, June 12, 2009

Homemade BEC

I’m trying to get back into flying and while going through “pre

Article by Kenneth Macrae:

I’m trying to get back into flying and while going through “pre-preflight” checks, I realized that my nicad batteries are not to be trusted, perhaps as a paper weight or to play dodge ball……

I recently bought a 8 amp linear BEC for my ¼ scale cub ( which I still haven’t started building……) and thought, it can’t be complicated to make my own. And it wasn’t.

I did a quick search and one gets two types of “normal” voltage regulators. The trusty 78L05 or similar which requires the supply voltage to be a least 2 volts higher than the regulated voltage i.e. you would need a 7 volt battery pack (at least) to supply a constant 5 volts. The “other” type of regulator is a LDO type, “Low Drop Out”.

The drop out voltage is the lowest permissible supply voltage for the regulator to maintain the output voltage.

You get different types of LDO’s which can have an impressive drop out of 0.3 volts at full load right up to 1.5 volts at full load for that regulator. The regulators which have a low drop out obviously cost more….

Using the 0.3 volt LDO, at full load, the supply voltage then needs to be at least 5.3 volts to ensure 5 volt output.

The BEC I built makes use of a maximum 2S lipo (7.4 volts) and can work right down to 6 volts (the lowest limit for a 2S pack without damaging any of the cells). The advantage of using LIPO’s for a receiver pack are numerous and could probably occupy a number of pages, but for me it was:

  • More trustworthy than my old nicads

  • Easy to charge (if you have the right equipment) with in about an hour

  • Predictable and no memory effect

I’ve added additional circuitry to give an indication of the pack via 2 LEDS (light emitting diodes).

Above 6.4 volts, the green LED is on

6.15 to 6.4 volts, the green and red LED are on

6.15 volts and below, the red LED is on

Once the red LED is on, it’s time to stop flying and charge the battery.

The specs for my homebuilt BEC are:

  • Constant 4.81 volts at 1 amp

  • Can comfortably handle up to 3 amps peaks

  • Has a maximum practical limit of 2S lipo (I don’t see the point in using more LIPO’s as the extra “volts” are converted to heat and it’s a real waste…..)

I’m trying to get back into flying and while going through “pre

Below are some graphs showing the performance of the BEC:

I’m trying to get back into flying and while going through “pre

Figure 1 Vout at 1 amp - fully charged lipo was not used

I’m trying to get back into flying and while going through “pre

Depending on the capacity of your LIPO will dictate the length of your total flights. With the built in “battery checker”, most of the guess work would be removed.

I’m trying to get back into flying and while going through “pre

Figure 2 Vout at various loads

Sunday, May 10, 2009

Glider Bougroep

Die Glider ouens het bietjie die klub huis oorgeneem op Saterdag toe die weer nie lekker was nie. Hier is Andre Melcher met sy 2m sweeftuig wat hy in die bougroep gebou het. Dit was die maiden en het baie mooi gesweef. Ongelukkig het ek op die derde vlug die vliegtuig met die winch in die grond vasgevlieg (die eerste keer in my vlieg loopbaan). Andre is oortuig dat hy met die ondervinding van die bougroep weer teen volgende naweek sal reg wees. Die sweeftuig is hoofsaaklik van veselglas met foam vlerke. Nou wag ons net vir William en Johan Botha om klaar te maak. Cheers Gert

Monday, April 27, 2009

P-38 Lightning

P-38 Lightning Originally uploaded by hyper7pro

Johan van Vuuren se P-38. Twee 4-Stroke .70ci Saito engines.

Tuesday, April 21, 2009

Glad nie 'n goeie ding nie!

Een of ander aap het probeer kyk hoe naby aan 'n 737 hy kan vlieg met sy R/C plane. (Gelukkig het dit in Austalia gebeur. Ek kan imagine hoe SARFLY en my arme inbox gelyk het as die hier moes gebeur! Geen einde aan die flamewars!) Meer hier: http://tinyurl.com/cgpfg9

Tuesday, March 24, 2009

TRMC Volksrust trip

Laas naweek het paar van die TRMC lede besluit om Tamatieberg te besoek vir 'n bietjie slope combat. TRMC (by hyper7pro) Hier wys Louis hoe hy Dirk gaan uithaal: Whata! Whatta! (by hyper7pro) Dirk toets bietjie die lift: Zagi over Volksrust (by hyper7pro)

Sunday, January 18, 2009

Sunday, January 11, 2009

Glider Bougroep

Boodskap van Gert af: Kan jy miskien so bietjie versprei per e-mail: Ek dink daar aan om 'n bou groep te begin, soortgelyk aan die Thotsie groep van Evan. Afhangende van die belangstelling dink ek om een keer per week of 2 weke bymekaar te kom,miskien 'n Saterdag oggend (verkieslik) of een van die weeks aande. Ons sal 'n 2m glider bou van hoofsaaklik veselglas en foam materiaal. Omdat ek materiaal op grootmaat aankoop sal die koste baie laag wees ( < R600). Laat my weet per e-mail as jy belangstel. Groete Gert Email vir my of Gert (of los 'n comment hier) vir meer informasie! Om 'n 2m veselglas glider te kan bou vir net R600 is 'n bargain, en al die tegnieke wat jy sal leer is van onskatbare waarde.

Wednesday, January 7, 2009

Piper Cub

Hier is Manfred Melcher se 28jaar oue Cub. Die cubby het nog nooit gevlieg nie! Hy het 'n 72 4-stroke Saito ingesit en hom pragtig gerestoureer. Miskien sal ons hom een van die dae sien vlieg?