Sunday, November 22, 2009

Gliding Postals

Dit was 'n wonderlike dag na 7 weke van wind en reen. Ek het vroeg na die klub gegaan en moes lelik soek vir 'n pad om daar te kom. Na 'n bietjie pret in die modder het ons dit darem gemaak. Die pad het gelukkig baie gou uitgedroog na die lekker warm dag. My totaal was 2073 uit 2300 (bietjie verroes met die eerste 2 landings) Hier is 3 van my vlugte in die baie humiede omstandighede (Die hoogte is in meter). Die lug is dan baie swaar. Die een vlug sal jy sien het ek vinnig hoogte verloor tot 50 en toe 'n thermal gekry wat my opgevat het. Die namiddag het heelwat ouens die lekker dag geniet.

No comments: