Wednesday, December 30, 2009

Jart

Ek het 'n Jart vir die slope gebou. Dit is van EPP op my CNC gesny. Ek het dit van 1.4m vlerkspan na 1.2m aangepas om makliker in my motor te pas. Sal dit nuwejaar op Tamatieberg uitprobeer. Lyk sy nie sexy nie? Groete Gert PS. Het die Jart op Nuwejaar gevlieg. Dit vlieg baie lekker en is beslis 'n "keeper". Ek was aangenaam verras. Met 'n gewig van 600g het dit baie maklik in ligte lift gevlieg. Dit kan doen met nog ballast indien die wind meer pomp. Dit sit baie mooi ("solid") om die draaie en kan redelik stadig land sonder om 'n vlek te gooi. Die Jart hou van spoed, maar ek het verwag dit sou meer glibberig wees. Net die regte model om my gewildste slopie te word.

1/4Skaal Nieuport vordering

Die twee Vickers masjien gewere is amper klaar. As iemand weet waar ek Solartex kan kry. Ek kort nog 8 m. Groete Gert

Sunday, December 27, 2009

RC plane afgeskiet deur fireworks. (Of hulle probeer, in elk geval)

Die ou se kinders probeer sy Easystar RC plane afskiet met vuurwerke, terwyl dit met 'n kamera op die vliegtuig afgeneem word.

Saturday, December 26, 2009

Thats plane programming!


Thats plane programming!
Originally uploaded by hyper7pro

I was helping to test a GPS telemetry device today in my Yak 54. It works, and the data is pretty interesting. Takeoff speed is 100Km/h, and the plane goes from 0-80Km/h in 3 seconds. Top speed was 206Km/h, highest altitude was 460m above takeoff level.

And that was with me flying fairly gently because of all the delicate electronic test/development boards on board the airplane.