Sunday, July 26, 2009

Explorer maiden

Ek het die Explorer ge-"Maiden" verlede Saterdag. Dit vlieg vantasties nadat ek al die trims reg gekry het. Ek het by die ou Evander vliegveld gaan vlieg aangesien dit amper die enigste plek is wat nog gras het. Die veld is baie geskik vir sweef en ek gaan beslis dit gebruik as my basis vir die volgende paar weke voor die Nats. Ek gaan elke oomblik wat die weer toelaat moet gebruik om te oefen as ek Nats toe wil gaan 24 Sep. Ek en Andre het hierdie Saterdag weer uitgegaan. Na die baie koue weer Vrydag was dit 'n vantastiese dag Saterdag. Ek het die Exploreer verder geniet en my spot landings begin oefen. Op 'n stadium het ek saam met drie groot roof voels gevlieg met die 2m totdat hulle my begin aanval het en ek moes laat spaander. Enigeen wat wil saam sweef moet asb my laat weet, ek stuur 'n SMS as ek gaan. Ek het ook nog 'n 2m Itshitshi vlerk en romp beskikbaar vir R850. Cheers Gert

No comments: