Tuesday, November 24, 2009

Vergadering

Ons het 'n baie lekker namiddag by die veld gehad. Die weer was fantasties vir vlieg. Dirk het die gras gesny (Hy wil seker nie studeer nie!). Na 'n bietjie vlieg het ons 'n worsie gebraai en toe vergadering gehou. Louis het die verugtinge afgesluit deur sy Jet aan die brand te steek. Geniet die fotos wat ek met selfoon geneem het.

Sunday, November 22, 2009

Gliding Postals

Dit was 'n wonderlike dag na 7 weke van wind en reen. Ek het vroeg na die klub gegaan en moes lelik soek vir 'n pad om daar te kom. Na 'n bietjie pret in die modder het ons dit darem gemaak. Die pad het gelukkig baie gou uitgedroog na die lekker warm dag. My totaal was 2073 uit 2300 (bietjie verroes met die eerste 2 landings) Hier is 3 van my vlugte in die baie humiede omstandighede (Die hoogte is in meter). Die lug is dan baie swaar. Die een vlug sal jy sien het ek vinnig hoogte verloor tot 50 en toe 'n thermal gekry wat my opgevat het. Die namiddag het heelwat ouens die lekker dag geniet.

Monday, November 16, 2009

J-3 Cub

Hier is `n paar foto`s van my cub. Die body rudder en stabs is klaar oor getrek. Cheers Werner

Friday, November 13, 2009

Phantom Pylon Racer (Kyosho)

Hier is iets van Manfred af:

Hi daar Johann, hier is iets vir ons blog. Ek het hierdie nuwe Phantom gebou vir n vriend van my Francios de Waal. Die vliegtuig is 'n kwart skaal 2007 pylon racer. Wag net vir die weer om saam te speel dan sal ek hom maiden. Aangedryf deur n O.S 46. Soos jy sal sien op die foto's lyk hy nogal indrukwekkend. Nou ja, dis al van my kant af vir eers . Groete Manfred.

Dit lyk awesome Manfred! Sterkte met die maiden vlug!

Net ietsie interessants oor die (Full size) vliegtuig:

"One such model, the "Phantom 70," is a quarter-scale replica of the Aberle Phantom biplane. Based in Fallbrook, California USA, the full-scale Phantom was built by Aberle Custom Aircraft and sponsored by Kyosho during the 2007 Reno Air Races. The plane set a biplane-class speed record in 2004 with a top speed of more than 241 mph. A new record was established in 2006 with a speed of 251.958 mph. [1] [2]"

Hier is fotos van die konstruksie van die full scale een. Ongelooflik.

Sunday, November 8, 2009

Vordering van Nieuport 28

Hier is die romp amper klaar. Die plywood en stringers het my nogal besig gehou en baie laat sweet. Ek het ook die 7" wiele nou gekry.