Sunday, January 11, 2009

Glider Bougroep

Boodskap van Gert af: Kan jy miskien so bietjie versprei per e-mail: Ek dink daar aan om 'n bou groep te begin, soortgelyk aan die Thotsie groep van Evan. Afhangende van die belangstelling dink ek om een keer per week of 2 weke bymekaar te kom,miskien 'n Saterdag oggend (verkieslik) of een van die weeks aande. Ons sal 'n 2m glider bou van hoofsaaklik veselglas en foam materiaal. Omdat ek materiaal op grootmaat aankoop sal die koste baie laag wees ( < R600). Laat my weet per e-mail as jy belangstel. Groete Gert Email vir my of Gert (of los 'n comment hier) vir meer informasie! Om 'n 2m veselglas glider te kan bou vir net R600 is 'n bargain, en al die tegnieke wat jy sal leer is van onskatbare waarde.

No comments: