Monday, November 26, 2007

Piet Retief 10/11 November 2007

Ek ,Juanita ,Werner ,Juan ,Louis en Henk het die naweek van die 10/11 November aan Pietretief se Fly-in gaan deelneem. Die weers omstandighede die Saterdag was goed as die wind nie gewaai het nie sou dit uitstekend gewees het. Die opkoms vir die twee dae was nie verskriklik waffers nie ,maar tenspyte daarvan was dit groot pret. Hulle mooi grasbane alleenlik maak dit al ‘n aangename ervaring om daar te gaan vlieg, ek dink persoonlik dit is een van die mooiste en beste velde in die land. Hulle kubhuis bestaan uit ‘n ou plaasopstal wat omring is met groen bome en grasgroen grasperke en al die nodige geriewe wat nodig is indien jy daar sou wou kampeer vir die naweek.


Om terug te kom na die vlieg toe, Werner het definitief die “show” Saterdag gesteel met sy Ultimate en ‘n mens kon sien dat hy dit geniet het. Sy prophangs was meesterlik gedoen wat dit baie maklik laat lyk het wat tot gevolg gehad het dat ‘n paar ander pilots dit ook wou probeer ,maar al wat hulle reg gekry het was om die res van ons agter die dikste ysterpaal wat jy kon kry te laat wegkruip, angswekkend se ek vir julle. Die res van ons het ook ‘n paar lekker vlugte ingekry en ek kan met trots se dat die TRMC manne se vlieg vernuf definitief op ‘n bogemiddelde standaard is. Ek & Juanita het die Saterdag aand oorgebly en ‘n draai gaan maak by die Reënboogfees ,moet erken ek was aangenaam verras gewees en dit was voorwaar ‘n lekker makiete gewees met Gaskunstenaars soos Pieter Smit ;Dozi ;Riaan v. Rensburg (Noot vir Noot) en van 2006 se Idols wenners.

Sondag oggend het ons maar gesukkel om aan die gang tekom weens die vorige aand se buitemuurse aktiwiteite.Ek het ongeveer so 9:30 by die vliegveld aangekom en was aangenaam verras om te sien dat die Ermelo en Vrede manne ook besluit het om te kom saam speel. Die weer was aansienlik beter as die vorige dag en ons het die lug behoorlik rooi geverf. Oo! ja en moenie die waterbom vergeet wat nou al tradisie geword het nie ,een van die plaaslike brand bestrydings vliegtuie kom gooi gewoolik vir ons so ‘n 3000 liter waterbom net om die lug wat ons so aan die brand gevlieg het bietjie aftekoel en as daardie klomp water eers uit is dan word ons nou mos gewys wat daardie vliegtuig met ‘n lee blaas kan doen. Soos gewoonlik was Pietretief ‘n aangename ervaring ek dink wat dit so uniek maak is die mooi rustige fasiliteite en die feit dat jy nie vertrap word nie en dan natuurlik die gasvryheid. Tenspyte van die feit dat daar nie honderde vliegtuie was nie is daar altyd ‘n goeie verskeidenheid van mooi skaal vliegtuie.

So om optesom as jy lus is vir ‘n rustige naweek wegbreek en vir vlieg en nie kan besluit wat om te doen nie, is die antwoord baie maklik, sorg dat jy die volgende Pietretief Fly-in gaan bywoon want dit gaan aan beide jou behoeftes van vlieg en rus voldoen.

TRMC Groete,

Dirk


Wednesday, November 14, 2007

Sea Fury


Hi,

Hier is 'n update van Marius af oor die vordering van sy Sea Fury. Dit is 'n pragtige model!

Hier is 'n paar details:
Die model is 'n Balsacraft kit. Ek het carbon stringers in die fuselage en vlerk ingebou, maar verder geen veranderings nie. Covering is met silkspan tissue en poli-uretaan, daarna geverf met Tamiya akriel verf.
Die ailerons, elevator en rudder moet nog gecover word.
Details:
Vlerkspan 48"
Gewig 1.6kg
Wing loading 54g/vk.dm (19.7oz/vk.ft)
Motor Mega 22/30/3 brushless inrunner 1250Kv
3s Lipo, 3700mAhr, 20c Polyquest
10x6 prop teen ongeveer 11000rpm, teen 37A, d.w.s meer as 100w/lb.

Sunday, November 4, 2007

Sterk Wind, Maar thermals



Ek was vandag (Sondag) alleen by die veld. Die wind het meeste ouens seker weggewaai. Met die regte vliegtuig maak dit nie baie saak nie. Ek het lekker thermals in die sterk wind gekry met my F5B Jazz Elektriese Hotliner sweeftuig. Die vlerkspan is so 1.8m en die motor gebruik so 40A as dit aan is. Die gewig is omtrent 1.5kg wat maak dat dit maklik kan penetreer en met hoe spoed kan vlieg.
Groete
Gert
PS Die veld lyk op sy beste met al die groen gras.