Saturday, October 20, 2007

Modder !!

Ek het gesien dat die reen ons kans gee vandag (Saterdag 20 Okt) en het so 13H00 klub toe gegaan. Die pad is baie glad, selfs die Rav het amper vasgesit. Het meestal aleen gevleig totdat Derek ook daar aangekom het met sy twee seuns. Ek het met die F-15 park jet gevlieg en toe met my Cumulus elektriese sweeftuig. Het lekker in die Thermals gespeel vir so 20min op die een vlug.
Derek het 2 elektriese vliegtuie gebring, altwee vir maiden vlugte. Die pragtige Spittie het egter 'n probleem met die ESC gehad en kon nie vlieg nie. Die Cub het mooi gevlieg maar is nogal 'n hand vol. Die veld is BAIE nat en modderig, maar dit was regtig lekker om uit te kom na al die reen en wind die laaste tyd. Ek verneem van William dat hy ook nou 'n elektriese Stick het.
















Vir die ouens wat lanklaas by die veld was. So lyk dit nou!

















Op die foto van die Rav moet jy eintlik die laag modder om die bande kon sien.















Cheers
Gert

1 comment:

Anonymous said...

HI Gert,

Ek was Sondag gou daar tot so 2 uur toe, en ek het amper vasgesit!