Wednesday, August 1, 2007

Wel, lyk my ons het 'n blog.

Ek het dit goed gedink om vir TRMC 'n "blog" op die been te bring, siende dat elke tweede ou en sy hond deesdae een het. Hopelik sal ek later van die ander manne kan ompraat om my te help met artikels vir ons blog, want ek is nie juis baie gesout agter die keyboard nie. Onderaan sal julle altyd die nuutste TRMC fotos sien, click gerus op die waarvan jy hou om die groter weergawe te sien. Asseblief, as enigiemand enige voorstelle het, moenie huiwer om my te laat weet nie! Orraait, ek weet nou nie wat om nog te tik nie, so ek sal nou eers ophou. Lekker vlieg!

1 comment:

Charl Marais said...

Well done Bruce! Geluk met julle stappie vorentoe. En ek hoop dat x-members soos ek ook so nou en dan 'n comment mag los?