Wednesday, December 30, 2009

Jart

Ek het 'n Jart vir die slope gebou. Dit is van EPP op my CNC gesny. Ek het dit van 1.4m vlerkspan na 1.2m aangepas om makliker in my motor te pas. Sal dit nuwejaar op Tamatieberg uitprobeer. Lyk sy nie sexy nie? Groete Gert PS. Het die Jart op Nuwejaar gevlieg. Dit vlieg baie lekker en is beslis 'n "keeper". Ek was aangenaam verras. Met 'n gewig van 600g het dit baie maklik in ligte lift gevlieg. Dit kan doen met nog ballast indien die wind meer pomp. Dit sit baie mooi ("solid") om die draaie en kan redelik stadig land sonder om 'n vlek te gooi. Die Jart hou van spoed, maar ek het verwag dit sou meer glibberig wees. Net die regte model om my gewildste slopie te word.

No comments: